admin@ovo.co.za

Welkom


Welkom by die webblad van die OVO. Hierdie webblad is spesifiek vir jou as 'n ouer saamgestel om jou te help om jou kind te ontwikkel na sy volle potensiaal. Met die hulp van hierdie webtuiste poog ons om jou as 'n ouer toe te rus met die nodige vaardighede en kennis om 'n blywende verskil in jou kind se ontwikkeling te maak. 'n Verskil wat 'n leeftyd sal hou!

Menige ouers onderskat nogsteeds die belangrikheid van vroeė ontwikkeling. Hoekom is dit so belangrik om van vroegs af te begin met ontwikkeling? Is dit net dat jou kind 'n voorsprong sal hź bo maats van dieselfde ouderdom of is daar dalk iets meer? Dit mag dalk een van die menige redes wees, maar daar is 'n term waarna in Engels verwys word as "the windows of opportunity".

Daar is 'n tydperk in jou kind se ontwikkeling wanneer hy die mees ontvanklikste is vir stimulasie en ontwikkeling. Wanneer daardie stadium gemis word, is dit vir ewig verlore. Die tydperk is van geboorte tot vier jaar.
Die brein is mees ontvanklik van geboorte tot en met die ouderdom van sewe jaar, maw as jou kind reeds die ouderdom van vyf of ses is, is dit nog nie te laat nie.

Hoe doen ons dit?

Die ouer skep die omgewing, die OVO verskaf die aktiwiteite en die ouer verskaf dan die nodige stimulasie, maar dit is uiteindelik die kind self wat sal moet leer. Jy as ouer is slegs die middelpunt van wat ons weet en wat jou kind so broodnodig het.


Ons Projek

In die projek bespreek, behandel en ontwikkel ons die verskille tussen intelligente en minder intelligente kinders, kyk ons ook na faktore wat intellektuele ontwikkeling by kinders kan verhoed en belemmer.

Ons wys vir jou as ouer n strategie wat jy kan volg om jou kind se verstandelike, sosiale en emosionele vermoėns sistematies deur betrokkenheid te verbreed.

Die volgende vraag kan ook tereg gevra word: Is dit belangrik om 'n kind se verstandelike vermoėns te stimuleer, want mense wat minder intelligent is kan tog ook bevrediging uit die lewe put?" Natuurlik kan hulle, maar of ons daarvan hou of nie, een van die belangrikste maatstawwe waarvolgens 'n individu in die samelewing gemeet word is sy IK. Ons onderwyssisteem is van so 'n aard dat kinders wat akademies nie goed vaar nie, sonder uitsondering 'n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel, en 'n lae eiedunk of selfbeeld beļnvloed ook weereens elke faset van 'n persoon se lewe. Dus die OVO verskaf aan jou as ouer die nodige leiding, die nodige kennis en die motivering om 'n verskil vir 'n leeftyd te maak!

In die proses raak ons betrokke as gesin en toon ons positiewe groei.










Tuisblad
Slegs Lede Inskrywings
Agtergrond
Omtrent Ons
Ons Missie
Ons Doel
Ons Dagboek
Se jou Se
Algemene Vrae
Kontak Ons

"Dankie vir julle fantastiese webtuiste, ek was al by soveel websites en niemand kon my help met my kinders se slaapprobleme. Ek het jul advies gevolg en dit werk 100%. Dankie"

Sharon van Schalkwyk
Durbanville

Developed by Cyber Web Design