admin@ovo.co.za

Algemene vrae en antwoorde


Wie is die OVO en waar kom julle vandaan?

Die OVO is 'n opvoedkundige instansie wat kinders die geleenthede gee wat ons nooit gehad het nie deur jou as ouer bloot te stel aan voorskoolse betrokkenheid, ontwikkeling, EN natuurlik ook stimulasie. Ouers leer hoe om weereens terug te beweeg na dit wat reg is en nog altyd gewerk het. Hoe om basiese beginsels weereens toe te pas met die regte leiding.

Ouers leer hoe om hulle kinders intellektueel, emosioneel en sosiaal te bevoordeel met 'n sinlike en genotvolle benadering tot voordeel van die hele gesin. Die OVO het in 1984 die lig gesien en het sy ontstaan te danke aan innoverende mense soos Glenn Doman, Jean Jaques Rossouw en Jean Piaget wat ons gewys het dat ons as ouers 'n keuse het oor waar ons wil he ons kinders moet eindig.

Terug na indeks



Watse raad het julle vir ouers wat die beste vir hulle kinders wil gee?

Raak betrokke by die OVO en raak deel van die voorskoolse stimulasie projek. Elkeen van ons wil die beste he vir ons kinders, maar om dit te vermag moet ons doen wat die gewone ouer nie doen nie en moet ons weet wat die gewone ouer nie weet nie.

Die OVO het juis hieroor 'n stelsel ontwikkel gebaseer op die Drie Goue Sleutels om die moderne ouer by te staan met hierdie soeke na die beste vir sy kind.

Terug na indeks



Hoe skryf ek in by die OVO?

Indien jy nie 'n oueraand of werkswinkel bygewoon het nie stel ek voor jy gaan lees meer oor die OVO program deur hier te druk. Nadat jy dit deurgelees het en graag deel wil raak van die projek kan jy die bestellingsvorm invul en vir ons stuur. Wanneer ons dit ontvang het sal ons reel dat jou materiaal so vinnig as moontlik vir jou gestuur word.

Terug na indeks



Ek het nog net n oueraand bygewoon en nie 'n werkswinkel nie. Moet ek een bywoon voordat ek kan inskryf?

Nee, dit is nie eers nodig gewees om die oueraand by te woon nie aangesien alle leiding verskaf word op 'n een tot een basis. Voltooi net die bestellingvorm en ons neem dit van daar.

Terug na indeks



Hoe kan ek ons skool op julle website adverteer? Moet ek daarvoor betaal?

Om die skool saam met die ander skole gelys te kry is gratis en kan gedoen word deur hierdie vorm te voltooi. Indien jy egter n advertensie wil plaas kan jy gaan kyk na die kostes by ons advertensieblad.

Terug na indeks



Werk julle stimulasieprogram ook vir kinders met Downs en ADHD?

Ja, onthou net dat die program die kind blootstel aan vaardighede en ook die kind se swakpunte van vroegs af identifiseer en herstel. Sekere kinders ontwikkel wel vinniger as ander kinders, maar onthou die mikpunt is om 674 punte te behaal. Ons het al goeie resultate gekry met kinders met Down en Asperger sindroom. Kinders met ADHD vind die program fantasties in die sin dat hul die individuele aandag kry wat hul so broodnodig het.

Terug na indeks



Hoe kan ek uitvind waar julle volgende gaan optree?

Besoek gerus ons dagboek vir ons program.

Terug na indeks



My seun is gediagnoseer met ADD. Is daar iets anders as Ritalin wat ek kan gebruik?

Daar is menige alternatiewe teenoor Rialin, die mees onlangse toevoeging is ons CD vir die behandeling van ADD/ADHD. Gaan loer gerus na ons produkte en lees meer oor hierdie CD. Druk hier

Terug na indeks



Watse agtergrond het julle aanbieders/ terapeute?

Ons aanbieders funksioneer altyd as n span van twee nl. 'n kinderontwikkelaar en n gesinsontwikkelaar. Die Kinderontwikkelaar spesialiseer in die intellektuele ontwikkeling en manipulering van die brein waarteenoor die gesinsontwikkelaar weer spesialiseer in die emosionele en sosiale ontwikkeling vn kinders.

Terug na indeks



Wie kan ek kontak om my meer te vertel rondom die program?

Jy kan ons portfolio hoof Ferdinant van Wyk skakel by 082 864 0218

Terug na indeks

Tuisblad
Slegs Lede Inskrywings
Agtergrond
Omtrent Ons
Ons Missie
Ons Doel
Ons Dagboek
Se jou Se
Algemene Vrae
Kontak Ons

 

"Dankie vir julle fantastiese webtuiste, ek was al by soveel websites en niemand kon my help met my kinders se slaapprobleme. Ek het jul advies gevolg en dit werk 100%. Dankie"

Sharon van Schalkwyk
Durbanville

Webblad ontwerp en instandhouding deur Cyber Web Design. Duk hier vir ons spesiale aanbiedinge soos web ontwerp vir kleuterskole vanaf R2000 en hosting vanaf R10 per maand.

Moenie die fantastiese geleentheid mis nie!