|
|
|||||
![]() |
|||||
![]() |
|||||
|
|
admin@ovo.co.za |
|
|||
|
|
|||||
![]() |
DoelDie enigste manier vir 'n kind om te ontwikkel na sy volle potensiaal is deur sy innerlike dryfkrag, motivering, persoonlike dissipline en 'n liefde vir kennis. Suksesvolle ouerskap is wanneer juis daardie vaardighede ingeskerp word van die begin af en 'n natuurlike soeke en liefde na kennis ontwikkel word. 'n Ouer is die dryfkrag van alle ontwikkeling. Dus is ons doel nie daar om 'n bepaalde feit gebaseerde sillabus te skep en te volg nie maar eerder om by 'n kind 'n natuurlike behoefte te kultiveer om te leer, deur maksimale stimulasie /breinselverbindinge. Die doel van die projek is daarop gerig om aan jou as ouer praktiese vaardighede te leer om jou te help met jou taak as ouer maw die wat die waar en die hoe te verskaf. Hoe doen ons dit?Die ouer skep die omgewing, die OVO verskaf die aktiwiteit en die ouer verskaf dan die nodige stimulasie, maar dit is uiteindelik die kind self wat sal moet leer. In die projek bespreek, behandel en ontwikkel ons die verskille tussen intelligente en minder intelligente kinders, kyk ons na faktore wat intellektuele ontwikkeling kan verhoed en belemmer. Ons wys vir jou as ouer n strategie wat jy kan volg om jou kind se verstandelike vermoėnssistematies te verbreed. Die volgende vraag kan ook tereg gevra word: Is dit belangrik om 'n kind se verstandelike vermoėns te stimuleer, want mense wat minder intelligent is kan tog ook bevrediging uit die lewe put?" Natuurlik kan hulle, maar of ons daarvan hou of nie, een van die belangrikste maatstawwe waarvolgens 'n individu in die samelewing gemeet word is sy ik. Ons onderwyssisteem is van so 'n aard dat kinders wat akademies nie goed vaar nie, sonder uitsondering 'n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel, en 'n lae eiedunk of selfbeeld beļnvloed ook weereens elke faset van 'n persoon se lewe. Dus die OVO verskaf aan jou as ouer die nodige leiding, die nodige kennis en die motivering om 'n verskil vir 'n leeftyd te maak! |
||||
|
|
Tuisblad |
![]() |
|||
|
|
|||||
| Slegs Lede Inskrywings | |||||
|
|
|||||
| Agtergrond | |||||
|
|
|||||
| Omtrent Ons | |||||
|
|
|||||
| Ons Missie | |||||
|
|
|||||
| Ons Doel | |||||
|
|
|||||
| Ons Dagboek | |||||
|
|
|||||
| Se jou Se | |||||
|
|
|||||
| Algemene Vrae | |||||
|
|
|||||
| Kontak Ons | |||||
|
|
|||||
|
"Dankie vir julle fantastiese webtuiste, ek was al by
soveel websites en niemand kon my help met my kinders se slaapprobleme. Ek het
jul advies gevolg en dit werk 100%. Dankie" |
|||||
|
|
|
|
|
|
|